Stories

Waarom die maan kleiner en groter word

Lank gelede het Moeder Maan elke nag die naghemel verligSy het ’n kombers gehad wat van die pragtigste goue draad geweef was. Haar kombers het so helder geskyn dat daar genoeg lig was vir al die mense om hulle pad in die donker te vind. 

 

Soms het Moeder Maan haar kombers styf om haar gedraai en op die aarde kom kuierEen nag, in die middel van die winter, naby die wal van ’n rivierkom sy ’n ou vrou teë wat alleen woon. Die ou vrou is nie bang toe sy vir Moeder Maan sien nie. 

 

“Kom binne,”  sy en nooi Moeder Maan in haar huis in. Sy is bly om geselskap te . 

 

Moeder Maan sien dat die ou vrou nie kan ophou bibber en beef van die koue nie. Moeder Maan voel jammer vir die ou vrou en gee vir haar ’n stukkie van haar goue kombers. Die ou vrou draai dit om haar skouers. Gou is sy lekker warm. 

 

Dankie,”  sy. “Jy is baie gaaf.” 

 

Maar toe dit oggend raak en die ou vrou sien hoe pragtig die kombers is, wil sy nog ’n stukkie Sy wil twee stukke aan mekaar vaswerk om ’n groter kombers vir haarself te maak. 

 

Die volgende aand toe Moeder Maan weer kom kuiervertel die ou vrou toe ’n leuenen  dat sy nog steeds koud kryWeer voel Moeder Maan jammer vir die ou vrouen gee vir haar nog ’n stukkie van die pragtige kombers. 

 

Die volgende oggend werk die ou vrou die twee stukke aan mekaar vas, maar sy is gierigen wil selfs meer Voor Moeder Maan op die derde aand kom kuiersteek die ou vrou haar kombers wegSy bedek dit so goed dat die kombers se goue gloed nie uit haar huis gesien sal word nie. Toe vertel sy vir Moeder Maan nog ’n leuenSy  dat die kombers gesteel is en dat sy nou baiebaie koud kry. 

 

Moeder Maan voel baie hartseerSy sien hoe die arme ou vrou in die naglug bewe. Moeder Maan gee toe vir die ou vrou die laaste stuk van haar kombersNou gloei Moeder Maan glad nieSy groet die ou vrou, wens haar alles wat mooi is toe, en vertrek. 

 

Na ’n paar dae begin die mense in die dorpie daar naby bekommerd raakHulle kan nie meer in die donker sien nieDaar is al vir ’n hele ruk nie meer maanlig nie en daarom besluit hulle om uit te vind waarom nie. Hulle steek lanterns aan en begin soekHulle soek ure lank totdat hulle so moeg en dors is dat hulle op die wal van ’n rivier gaan staan om te rus. 

 

Terwyl hulle rushoor hulle ’n vrou huil. Toe hulle begin rondkykkry hulle vir Moeder Maan. Sy straal geen lig uit nieen sy lyk hartseer. 

 

“Wat maak jou so ongelukkig?” vra hulle. “En hoe kan ons jou help?” 

 

Moeder Maan vertel hulle van haar pragtige kombers en hoe helder dit in die naghemel geskyn het. Sy vertel ook vir hulle hoe graag sy aarde toe gekom het en van die ou vrou wat so koud gekry het. “Ek kan nie die kombers terugvat nie,”  Moeder Maan. “Die arme vrou het niks om haar warm te hou nie. Maar sonder my kombers kan ek nie die naghemel verlig nie.” En sy begin weer huil. 

 

Ons sal jou help,”  die mense van die dorpie. “Kom saam met onsOns sal die ou vrou gaan soek en met haar praat.” 

 

Hulle hoef nie lank vir die ou vrou se huis te soek nie, want die kombers skyn baie helder van binne afHulle roep hard totdat die ou vrou buitentoe kom. 

 

Toe die ou vrou Moeder Maan in die donker met trane op haar wange sien staanvoel sy skaam omdat sy so selfsugtig was. Sonder ’n woord gee sy die kombers terug. Die mense draai Moeder Maan gou in haar kombers toe, en toe dit aan haar raak, begin dit selfs helderder as tevore skyn. 

 

Voor jy teruggaan na die naghemel,”  hulle, “ asseblief vir ons hoe om die ou vrou te straf.” 

 

Moeder Maan dink ’n lang tyd hieroor na en toe  sy: “Nee, moet haar nie straf nie. Ek sal haar eerder wil leer hoe om te deel.” 

 

Moeder Maan trek ’n dik draad aan die onderkant van die kombers uiten gee dit vir ou vrou. “Wanneer jy koud kry,”  sy vir die ou vrou, “trek aan hierdie draaden dan sal jy weet wat om volgende te doen.” En daarmee gaan Moeder Maan terug na die naghemel, met ’n goue draad wat agter haar aansleep. 

 

Van daardie dag af bly Moeder Maan in die naghemelen skyn helder. En van daardie dag af trek die ou vroueen keer ’n maandwanneer sy begin koud kryaan die goue draadSy trek en trek meer en meer van die goue draad los om ’n goue kombers te weefTerwyl sy dit doentorring Moeder Maan se kombers in die naghemel los en raak kleiner en kleiner totdat dit glad nie meer skyn nie. Dan, wanneer die ou vrou weer warm genoeg kry sy vir Moeder Maan dankie en laat Moeder Maan die goue draad stukkie vir stukkie terugneem. Dan weef Moeder Maan dit in haar kombers in tot dit weer heel is en weer helder in die naghemel skyn. 

 

En dit is waarom die maan elke maand kleiner en groter word. En dit is hoe dit van daardie dag af is tot vandag toe.